Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

So lees ‘n brief wat ons ontvang het: “Na 23 jaar se aktiewe betrokkenheid by die kerk, het ek uitgebrand gevoel. Al het my man oor die jare my daarmee probeer help, het dit gevoel of hy nie eintlik regtig daarvoor omgee nie. As hy net anders wou wees, sou ek anders kon voel. Terwyl God met my hart gewerk het, het ek begin raaksien hoeveel hoogmoedigheid ek in my eie hart ronddra. Eers toe ek ophou om my man te blameer, kon God my vry maak van die wrok wat ek vir soveel jare gekoester het. ”

Dis baie maklik om iemand anders vir jou sonde te blameer, maar die sleutel vir ‘n ware geestelike herlewing is berou. ‘n Manier om ware berou te bewys, is om op te hou om ander te blameer.

Aanvaar jy die volle verantwoordelikheid vir jou eie optrede, of kyk jy rond en blameer ander daarvoor?

Jakobus 1 stel dit so mooi: Vers 21 “Doen daarom in sagmoedigheid afstand van alle morele besoedeling en die kwaad wat gedy, en ontvang die woord wat in julle geplant is, en daartoe in staat is om julle siele te verlos.”
Wanneer God jou nou bewus maak van sonde in jou lewe, moenie blameer nie, draai na Hom toe met ‘n berouvolle hart. So kan jy in jou soeke na God, ‘n tree nader na Sy hart toe neem.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …