Nuutste episode 6 Nov 2026

God se doel 2

Lees die volle transkripsie

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Dit voel soms vir my sodra ek in een aspek my sonde belei, maak God my dadelik weer bewus van ‘n ander sondige area. Op ‘n manier is ek dankbaar daaroor, maar dis nogal moeilik om deurentyd gefokus te bly om rein en heilig te wees.
 

Daar is baie goeie redes waarom ons heiligheid moet nastreef. Die belangrikste een is sekerlik omdat dit God se hoof doel vir ons is, Hy het vir ons die heilige ewigheid saam met Hom in gedagte. Hy het nie vir ons aan die kruis gesterf net om ons aardse bestaan te help nie.Hy is heilig, daarom wil hy ons heilig maak.
 

1 Johannes 3:2 “Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is.”

Lewe jy met hierdie onweerlegbare doel in jou lewe? Kom ons werk saam met God met die oog op die ewigheid.

Seëngroete van ROHSA

About the Host

Corné Loots

Corné joined the ROH SA team in 2016, and she has been involved in Cross-Cultural Ministry since 1994. She enjoys her calling to mentor the Ruth generation of African women, to experience freedom, fullness and fruitfulness in Christ.

Cross-cultural … read more …