Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Dink jou in aan die lewensomstandighede van die negentiende eeu, m.a.w. 1800-1900. Die skrywer Elizabeth Prentiss was in haar 50’s, toe haar man ‘n nuwe werk kry. Haar gesondheid was nie goed nie, en sy sou uit haar huis in New York ontwortel moes word en na Chicago verhuis, omtrent 1150 km ver. Dit het beteken om baie vriende te verlaat, en die reis sou nie net fisies moeilik wees nie, maar ook gevaarlik met haar brose gesondheid.

Hier is wat Elizabeth in ‘n brief aan ‘n vriendin geskryf het: “Plek en posisie het byna niks met geluk te doen nie. Ons kan ellendig wees in ‘n paleis, stralend in ‘n kerker. Miskien is hierdie hartverskeurende situasie presies wat ons nodig het om ons te herinner dat ons pelgrims en vreemdelinge op aarde is.”

Die woord kerker is die opgaar put waarvan ons lees in Jeremia 38:6 “Hulle het Jeremia gevat en hom laat afsak in die opgaarput wat in die binnehof van die wagte se kwartiere was… Daar was nie water in die opgaarput nie, maar modder, en Jeremia het in die modder ingesak.”

Miskien staar jy ‘n groot, moeilike verandering in die gesig. Onthou hierdie woorde: “ware vreugde kom nie a.g.v. ons omstandighede nie; dit kom vanuit ons verhouding met die Here.” God alleen kan jou vandag help om stralend te wees, al voel dit vir jou of jy in ‘n modderige, vuil en donker put is.

Seëngroete van ROHSA

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …