Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Is dit soms vir jou ook moeilik om van al die afleidings af weg te kom sodat jy alleen tyd met God kan spandeer?
‘n Ma het eenkeer hierdie storietjie aan my vertel:
Sy het ‘n mooi herinnering gehad van hulle kleuter seuntjie. Hy het elke oggend uit sy bedjie geklim en haar gaan soek. Hulle huis was piepklein en die enigste plek waar sy alleentyd kon hê was in die badkamer. Dit was waar sy elke dag heen ontsnap het vir haar stiltetyd met God. Maar die badkamerdeur het ‘n groot gaping aan die onderkant gehad. Wanneer haar seuntjie haar daar opgespoor het, het hy sy klein handjie onder die deur ingesteek en aan haar voet vasgehou totdat sy klaar was.
Selfs op so ‘n jong ouderdom het hy geleer dat sy mamma elke dag haar Bybel lees.
Mamma, watter gewoontes leer jou kind by jou? As jy hieroor twyfel, wil jy nie sommer more begin en vir jou kind wys dat die woorde van Psalm 5:3 ook in jou lewe ‘n werklikheid is nie? Dit lees: “U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.”
Seëngroete van ROHSA