Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ek het advertensies in my e-pos van twee verskillende maatskappye ontvang. Een was van 'n skryfbehoefte-verskaffer en die ander van 'n kettingwinkel. Maar ironies genoeg was die opskrif vir elkeen: "Dit is alles vir jou."

Die filosofie agter daardie advertensieveldtogte is amper so oud soos die mensdom self. In werklikheid is dit wat die slang vir Eva gesê het. "Dit gaan alles oor jou." Dit is 'n veldtog wat hy sedertdien steeds met groot sukses voer.

Dink net bietjie hoe gereeld ons in die versoeking kom om selfgesentreerd te wees, vrae wat in jou gedagtes op spring:

  • Wat het haar probleme met my te doen?
  • Hoekom het dit met my gebeur?
  • Dis nou my beurt.
  • Hy het my gevoelens seergemaak.
  • Ek het my spasie nodig.
  • Sy is nie sensitief vir my behoeftes nie.

Ons kom almal in die versoeking om te dink dit gaan alles oor ons en vir ons. Maar Openbaring 4:11 bring ons terug na die waarheid toe."Here, ons God, wie kan so belangrik wees soos U? Na U sien almal op; U is sterker as die sterkstes. En dit is ook reg so, want dit is hoe U is. Ja, U het alles gemaak. Alles in die skepping is daar omdat U dit so wou gehad het.”

 

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …