Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
My ouers het ons geleer dat God goed is, altyd. Ek het 'n kans gekry om te sien of ek regtig hierdie beginsel as ‘n waarheid glo, die dag toe ek 'n oproep gekry het dat my pa 'n hartaanval gehad het en onmiddellik in die teenwoordigheid van die Here was.
In daardie oomblikke het God iets groots en in baie genade vir my gedoen. In my eerste bewuste gedagte, het God my aan 'n vers herinner wat ek net dae tevore gelees het. Dit was Psalm 119:68: “U is goed en U doen goed; leer my u voorskrifte.”
Dit is presies wat my pa my altyd geleer het, en juis gedurende daardie moeilike tyd van my lewe, het dit goeie vrugte afgewerp .
Dra jy daardie waarheid aan jou kinders oor? Hoe kan jy hierdie beginsel vasmaak in hulle harte? “God is goed en alles wat Hy doen is goed.”
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: