Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

My vriendin moet ‘n groot besluit neem, dis eintlik baie opwindend want dis tussen twee wonderlike geleenthede wat sy moet kies. Net daar is die vang plek, hoe weet sy wat die die beste besluit gaan wees?

Soms wanneer ek oor ‘n spesifieke besluit bid, plaas ek daardie kwessie simbolies in my hande, en lig dan my bak hande na God toe op. Ek sê dan: “Here, ek dra hierdie saak aan U op, neem U asseblief die besluit. Gebruik asseblief U Woord om my tot ‘n wyse besluit te lei.”

God kan Skrifgedeeltes in ons gedagte plaas wat aan ons Sy insig gee oor die situasie. Hy kan dit ook op jou hart lê om vir raad te vra by Godvresende mense. Hy kan jou dalk herinner aan ‘n ander prioriteit in jou lewe, wat Hy alreeds vroeër aan jou bevestig het. Of Hy kan jou die begeerte, geloof en die vryheid gee om met waagmoed jou besluit uit te voer… soos Petrus op die water geloop het.
Psalm 119:130 “As u woorde oopgaan, gee dit lig; dit gee insig aan onkundiges.”

Het jy duidelikheid nodig oor ‘n situasie in jou lewe? Het jy rigting nodig vir die moeilike keuses van die lewe? Maak die Woord van God oop, deel jou hart met God en vra Hom vir leiding om die regte besluit te neem.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …