Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

 

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Wanneer ons te veel gesag en mag probeer toe-eien, kan ons maklik 'n negatiewe reputasie kry en onsself etiketteer as 'n beheervraat!

Sou ek of jy of enige mens probeer om die hele aarde, of selfs net ons eie wêreldjie, onder ons beheer te bring, sal ons beslis as 'n beheervraat uitgekryt word. Tog sien ons in die Skrif dat God in beheer is van alles. God dring aan op “wêreldoorheersing” en om die minste te sê, is dit heel gepas. Hoekom? Omdat Hy God is, en ons nie.

Luister na hierdie woorde uit Handelinge 17:24–25: “Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, is die Here van hemel en aarde en woon nie in tempels wat deur mensehande gebou is nie. En Hy word nie deur mensehande bedien, asof hy iets nodig het nie. Hy gee eerder aan almal lewe en asem en alles anders.”

Wanneer God ons vra om ons lewens aan Hom oor te gee, is dit nie omdat Hy 'n beheervraat is nie. Hy is die regmatige eienaar en die enigste een wat die vermoë het om werklik elkeen van ons se lewe tot in die fynste detail te bestuur.

 

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By