Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
In Amerika is daar die mooi tradisie van “Thanksgiving” - ‘n nasionale vakansiedag wat op die 4e Donderdag in November gevier word. Dit is ook wanneer baie mense begin om hulle kersversierings uit te pak. Ons loop daarom die risiko om die fokus op dankbaarheid te verloor, en dis hartseer. Die vakansiedag gaan oor baie meer as net die Amerikaanse geskiedenis. Dis 'n dag wat opsy gesit word om 'n belangrike Bybelse beginsel te onthou - om jou dankbaarheid teenoor God te toon.
My vriendin Barbara wou hê haar kinders moes van jongs af die betekenis van hierdie vakansiedag onthou. Barbara sê dit gebeur so maklik dat kinders groot word in ‘n mileu van klagtes en waar daar heeltyd gepraat word oor wat mense dalk nie het nie. Haar plan was: ”Selfs al doen ons niks anders op Dankbaarheidsdag nie, gaan ek en my kinders neer skryf dit waarvoor ons dankbaar is.”
Al is ons almal nie Amerikaans nie, hoop ek, jy het in jou eie gesin ook ‘n unieke manier of selfs dalk tradisies, wat julle help om die beginsel van 1 Tessalonisense 5:18, uit te leef: "Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is.”
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: Dankbaarheid