Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Bekyk enige konflik situasie in die wêreld en jy sal in alle waarskynlikheid 'n gebrek aan liefde vind. Twee lande wat oorlog voer oor 'n stuk grond - daar is geen liefde tussen daardie partye nie. Twee groepe mense wat vas geval het en nie tot ‘n vergelyk kan kom nie - is tien teen een ook die gevolg van 'n gebrek aan liefde.
Die afwesigheid van liefde skep baie ander probleme. Dit was ook so in die Bybel se tyd vir die gemeente van Korinte. Die mense in die kerk het gruwelike sondes verdra. Daarby het hulle mekaar links en regs gedagvaar, dronk geword tydens die nagmaal en hulle was in verbitterde faksies verdeel.
Die apostel Paulus het aan hierdie gemeente geskryf en sommige van die probleme probeer aanspreek. Wat was sy hoof fokus? "Volg die weg van liefde."
Net soos die afwesigheid van liefde 'n magdom probleme skep, so kan die teenwoordigheid van liefde in 'n kerk, in 'n huis, in 'n werksplek, in 'n nasie - die teenwoordigheid van God se agape-liefde, byna elke probleem waaraan jy kan dink ook oplos. Daar is immers ‘n opdrag in 1 Korintiërs 14:1 “Julle moet die liefde nastreef”.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: