Hierdie is Seeking Him, deur Nancy deMoss Wolgemuth.
Oswald Chambers neem ons terug na die kruis toe. Hy sê: “Die liefde van God word aan die kruis uitgespel soos nêrens anders nie. Dis slegs op grond van die kruis van Christus, dat God my sondes kan vergewe.”
Vergifnis was alles behalwe maklik, dit was teen ‘n ontsaglike- en onsettende prys. Dit was ongenaakbaar en die ergste vorm van alle soorte pyn en vernedering denkbaar. Dit het God die Vader se hart verpletter om Sy seun so te sien lei.
Ons kan ons self nie werklik die trauma indink wat Jesus met die marteling vir sonde, namens my en jou verduur het nie. Maar dit is die prys wat God eis vir die kwytskelding van sonde.
Die standaard is nou: ons moet vergewe soos ons vergewe is. Dit beteken dat wanneer ons in ons diepste wese seer gekry het, en vergifnis onmoontlik lyk, ons die lyding aanvaar wat vergifnis van ons eis. Indien vergifnis in een van jou verhoudings, vir jou buite die kwessie lyk, kan jy so daarna kyk - jy het nou 'n wonderlike geleentheid om soos Jesus op te tree en te vergewe.
Openbaring 1:5 “Uit liefde vir ons, het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak.”
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: