Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Christene hou daarvan om te sing, vir my is dit so spesiaal dat die Bybel ons iets sinvols gee om oor te sing. Het jy opgelet dat sommige van die heel eerste woorde van die Nuwe Testament, die heel eerste liedere van die heel eerste Kersfees is?
Daar is:
Elizabeth se Lied
Maria se Lied
Sagaria se Lied
Die Engele se Lied—twee liedere eintlik
Simeon se Lied
Hierdie liedere van Kersfees handel oor God, dis nie selfgesentreerd rondom die mens nie. Hulle praat oor dit wat Kersfees openbaar, dit gaan oor die heerlikheid en goedheid van God.
Oor die volgende paar weke hier op Seeking Him, gaan ons kyk na daardie eerste liedere rondom Kersfees. Ek hoop jy word hierdeur aangemoedig, om jou oë op te lig soos elkeen rondom daardie eerste Kersfees gedoen het. Met jou blik gevestig op ons groot God en Verlosser... ons Kerslied, is Jesus.
Seëngroete van ROHSA
Sleutel woorde: Kersfees