Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Dit was nie sommer enige gordyn nie. Dit was die voorhangsel in die tempel, wat die Heilige deel van die Allerheiligste deel geskei het. Dis waar die Ark van die Verbond gestaan het en waar die teenwoordigheid van God gewoon het. Slegs die hoëpriester is binne in die Allerheiligste deel toegelaat, wanneer dit sy verantwoordelikheid was om een keer per jaar 'n offer te bring om versoening vir sondes te doen. In wese was daardie voorhangsel 'n versperring tussen sondige mense en 'n aller heilige God.
Die evangelies, soos in Matteus 27, vertel ons dat die oomblik toe Jesus gesterf het, daardie voorhangsel van bo na onder geskeur het. Slegs God kon daardie manjifieke, dik voorhangsel geskeur het, om die einde van die skeiding tussen die mens en Homself aan te dui. Jesus se dood aan die kruis het ons toegang tot God self gegee. Ons hoef nie meer offers te bring of na 'n hoëpriester toe gaan om by God uit te kom nie. Die onbetwisbare doel van die lewe van Christus was om 'n weg te baan vir alle mense om onbeperkte toegang tot God te hê.
Dit was destyds 'n wonderwerk, en dit is beslis vandag steeds 'n wonderwerk. Die vraag is, maak ek en jy gebruik van hierdie voorreg?
Seëngroete vn ROH SA
Sleutel woorde: