Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Emosies en gevoelens is nie altyd betroubaar nie. Dit verg nie veel om ons gemoed te lig nie—'n sonnige dag na dae se koue reënweer, 'n mooi kompliment, dalk ‘n vriendin se oproep. Maar wanneer die wolke weer inrol of ons 'n paar kilogram optel, val ons emosies weer net so maklik.

  • “Ek is geleer dat God my liefhet, maar ek ervaar dit regtig nie, kyk net wat gebeur als met my.”
  • “Ek weet God het my geskep en dat Jesus vir my gesterf het, maar ek het net nog nooit baie waardevol gevoel nie.”

Ongeag wat ons emosies vir ons sê, ons moet leer om ons harte volgens die Waarheid te belyn. 

Filippense 4:8 “Vriende, ek wil vir julle nog iets sê… alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat lof verdien, ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees: rig julle gedagtes daarop.. 

Laat ons vandag stilstaan ​​by hierdie woorde, maak nie saak wat ons emosies sê nie.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …