Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Die boek Spreuke sê vir ons dat 'n wyse vrou haar huis bou, maar 'n dwase vrou breek hare af. Een manier waarop ons dit kan doen, is deur ons gesindheid. Luister na hierdie Skrifgedeeltes en dink bietjie na of jou gesindhede geneig is om op te bou of af te breek.

1 Petrus 3:5 “In die ou tyd het die vroue wat God getrou met alles gedien het, hulle ook so mooi gemaak. Hulle was goeie vroue wat na hulle man geluister het.”

1 Korintiërs 13:7 “Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het; liefde glo altyd die beste van ander mense en verwag dit ook van hulle. Liefde ken ook g’n einde nie. Liefde is nie iets wat ’n mens kan opgebruik en dan sê dis klaar nie..”

Ons bou ons huis deur ons aan God-aangestelde outoriteit te onderwerp. Ons breek dit af deur weerstand te bied. Bou jy jou huis deur jou man lojaal lief te hê? Of breek jy dit af deur krities oor hom te wees? 

Hebreërs 13:5 “Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees.” Breek jy ooit jou huis af deur te kla oor ‘n gebrek aan besittings?

Vra God om jou 'n wyse vrou te maak wat haar huis met ‘n goddelike gesindheid bou.

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …