Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Is daar dinge uit die verlede wat jou vandag nog teister? Ons het ‘n brief ontvang van ‘n vrou wat al vir 27 jaar onder die juk van hartseer en skaamte leef. Sy weet nie hoe om haarself te vergewe vir ‘n aborsie, toe haar selfsugtigheid haar gedryf het tot die moord op haar eie kind. Sy vertel dat sy ons jaarlikse konferensie bygewoon het, genadiglik kon sy daar vergifnis deur Jesus Christus ervaar… die juk is gebreek.
Sonde bring verseker skeiding tussen ons en God, maar as gevolg van Jesus se bloed aan die kruis, kan elke sondaar skoon gewas en vergewe word.
1 Korintiërs 6:9 “Moenie julle self mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie. En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.”
Jou verlede hoef jou nie te teister nie. Deur God se genade van vergifnis, kan jou verlede jou juis help om geestelik te groei en ‘n wonderlike getuienis te hê.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: