Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Het jy al gehoor hoe ‘n selfoon wat lui, mense se stemtoon kan verander?
Dis chaos in die huis, die kinders jaag aan en jy probeer uitvind wie nou eintlik die plek so bemors het. Dan lui jou foon, hoe klink jy wanneer jy die oproep beantwoord? Haal jy gou diep asem en sê met ‘n vroom soet stemmetjie “goeie more, ja dis ‘n wonderlike dag hier by ons.” Sodra jy die foon neersit, dan is dit weer daardie ander stem wat praat, die een wat net jou gesin ken.
Een van die plekke waar ons goedhartigheid, bedagsaamheid en sagaardigheid die meeste verwaarloos, is binne die mure van ons eie huise; of met die mense wat ons die heel beste ken. Hoekom is dit juis die mense wie ons veronderstel is om die heel liefste te hê, wie ons as vanselfsprekend aanvaar en nie meer na waarde skat nie. Hoekom is ons so gasvry teenoor buitestanders, maar ongenaakbaar teenoor die saam met wie ons elke dag leef?
1 Timoteus 5:8 “As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as 'n ongelowige.”
Let vandag mooi op, hoe jy met jou eie gesin omgaan. Is daar genade en goedhartigheid vir mekaar?
Seëngroete van ROHSA