Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

God se Woord sê dat elke gelowige kind van God ‘n geestelike gawe het. In 1 Korintiërs word ons vertel van ‘n gemeente wat die verkeerde persepsie van geestelike gawes gehad het. Daardie gemeentelede het gespog met hulle gawes sodat hulle die mense om hulle kon beindruk. Hulle het selfs gereken dat sekere gawes meer belangrik was as ander. Natuurlik wou almal juis daardie spesiale gawes gehad het, sodat hulle die kollig kon steel.

Die gevolg hiervan was dat hulle in werklikheid ‘n gemeente vol konflik en gebroke verhoudings was. Paulus het toe aan hulle ‘n brief geskryf om dit aan te spreek. Hy het in hoofstuk 13 vers 4 gesê: “Liefde is nie jaloers nie, spog nie, en is nie verwaand nie. Liefde tree nie onbehoorlik op nie, jaag nie eie belang na nie, is nie liggeraak nie.”

Gebruik assebliéf jou geestelike gawes, en wanneer jy daardie geleentheid kry maak seker dat jy dit in liefde doen soos God bedoel het.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …