Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Soms kom ek in die versoeking om my probleme buite verhouding op te blaas. Ek is waarskynlik nie die enigste een wat dit doen nie.

Miskien kan die woorde van Jenny Thompson ons help. Jenny het gesê: “God se missie is nie om ons te probeer ‘gelukkig’ maak nie. Die missie is dat ons Skepper en almagtige God, die eer ontvang wat Hom toekom.” Sy het hierdie woorde geskryf drie maande nadat haar man aan leukemie gesterf het. Hierdie weduwee met drie seuns het ‘n wonderlike perspektief gehad van God se voornemens en doel.

Jenny se getuienis was dat God geëer en verheerlik is op ‘n manier wat nooit sonder moeilike omstandighede sou kon plaasvind nie. Daarom het sy Hom geloof vir daardie uiters moeilike situasie.

Jenny se woorde herinner ons daaraan dat ons lewens nie net oor onsself gaan nie. Ons lewens is bedoel vir God se heerlikheid.

Ons geluk kan die newe effek wees van ons poging om binne God se wil te wees en dit te doen wat Hy vra. Daarom kon Jennie by die graf van haar beste vriend, haar man, huil en steeds gelukkig wees. 1 Timoteus 6:6 sê “Wat wel ‘n groot wins is, is godvresendheid wat met tevredenheid gepaard gaan.”

Seëngroete van ROHSA

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …