Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Hoe het jou oggend begin? Was jy dood moeg en die wekker drie keer probeer stil maak? Toe moes die ketel gou kook vir koffie, terwyl jy die kinders wakker kry om hulle betyds by die skool te kry?

My pa was vir my ‘n baie goeie voorbeeld. Hy het vir my Psalm 5:4 uitgeleef “U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.”

Alhoewel hy ‘n besigheidsman was, met ‘n geweldige druk skedule, het hy van dat hy tot bekering gekom het, tot die dag van sy afsterwe 28 jaar later, elke oggend se eerste uur vir God uitgeboek. Daardie beeld van my pa vroegoggend op sy knieë, het ‘n baie groot impak op my eie geloofslewe gemaak.

Hoe lyk die voorbeeld wat jy stel? Indien jou verhouding met God jou hoogste prioriteit is, word dit weerspieël in die manier waarop jy jou dag begin, en daardie eerste uur spandeer?

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By