Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Terwyl Jesus in die Tuin van Getsemane gebid het, was Hy besig om ‘n geweldige stryd te veg. Sou Hy Sy Vader kon gehoorsaam om die totale gewig en las van sonde aan die kruis te dra? Terwyl Hy in Sy wroeging gebid het, lees ons in Lukas 22:43 “Daar het ’n engel uit die hemel aan Jesus verskyn en Hom versterk.”

Die woord wat in die oorspronklike skrif gebruik is, beteken “om innerlik sterk te maak”. Die Hebreeuse wortelwoord is חזק Chazaq, wat beteken om te versterk, te seëvier, standvastig te wees of te bemoedig. Jesus het innerlike geestelike krag ontvang, maar Hy moes nog steeds met Sy worsteling voortgaan. God het Jesus nie verlos van Sy stryd nie, maar Hy het Hom die innerlike krag gegee om te volhard in die stryd.

God doen dit vir ons ook. As jy ‘n kleuter of twee het en die versoeking probeer weerstaan om kwaad en ongeduldig te word, het jy nie verlossing van jou stryd nodig nie. Jy het innerlike krag nodig om die stryd te trotseer.

Hier is een manier waarop jy kan bid. “Here, ek is swak en het U nodig. Versterk en bemoedig my in hierdie oomblik van swakheid, sodat ek U nie teleurstel nie.”

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …