Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

“Ek sal more my Bybel lees, ek is nie vandag lus vir swaar lees goed nie.”

Ervaar jy ooit dat jy nie veel lus het vir die Woord van God nie? Kan dit wees dat jou eetlus bederf is met die suiker-storm wat ons beleef - jip, alles wat die wêreld ons bied? Soms is ons soos die kinders van Israel, verveeld met manna uit die hemel terwyl hulle dink aan die kospotte van Egipte, waaruit hulle as slawe geëet het.

Terwyl God sy volk kos gegee het, was Hy besig om hulle te speen van die oppervlakkige opwinding van Egipte - s odat Hy hulle die ware vreugde kon wys om deur Sy hand gevoed te word. Johannes 6:33 “Die brood wat God gee, is HY wat uit die hemel kom, en aan die wêreld lewe gee.”

Indien jy jou aptyt vir die Woord van God wil vergroot, probeer om jouself van die wêreld se dieët te speen. Vra jouself af of jy regtig daardie tv reeks moet kyk… of nog tyd gaan mors met daardie “net nog een rondte” of “nog net een hoofstuk”.

Jy gaan straks onttrekking simptome ervaar, maar gouer as nou sal jy agterkom dat die Woord van God jou op 'n baie dieper en meer blywende manier bevredig en voed.

Seëngroete van ROHSA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …