Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Die van ons wat in gelowige huise groot geword het, is geneig tot ‘n sekere soort verleiding. Die leuen wat ons dan glo is dat “My sonde nie regtig so erg is nie… erge en ware sonde is wat daar buite in die wêreld gebeur.”

Wanneer ons onsself met ander mense vergelyk wat sogenaamde “ernstige sondes” het, kan ons maklik voel dat ons eintlik heeltemal “okay” is. Ons eie sonde soos om onnodig spandabelrig te wees of om van iemand te skinder, word dan baie maklik oor gesien.

Ons moet egter besef dat elke sonde, al is dit in ons opinie nie ernstig nie, wel ‘n baie ernstige saak is. Sonde is niks minder as jou eie rebellie teen God nie. Om die waarheid oor sonde te besef, moet ons sonde sien in die lig van wie God is.

Toe die profeet Jesaja van aangesig-tot-aangesig met God gekom het, het hy in hoofstuk 6:5 “Wee my, want ek is verlore! Want ek is ‘n mens met onrein lippe, en by ‘n volk met onrein lippe woon ek. Ja, my oë het die Koning, die Here, Heerser oor alle magte, gesien.”
Jesaja het sy sonde belei. Jy kan ook vir God vra soos in Psalm 139:23 & 24: “Deursoek my, o God, …. Kyk of daar enige sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad.”

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Sonde, Beleidenis

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …