Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ek het ’n vriendin wie se kind sonder ’n slukderm gebore is. Jare lank was hy in en uit die hospitaal vir lewensvernaderende en lewensgevaarlike operasies. Hy moes elke aand aan ’n asemhalingstoestel gekoppel word en die gewaar was ook daar dat hy maklik kon verstik.
Dink jy dit was nodig dat iemand vir hierdie mamma moes sê om vir haar seun te bid? Niks kon haar keer om vir hom te bid nie! Al was sy raadop, het sy ook geweet haar seun se enigste hoop was dat God sou ingryp en sy lewe sou spaar. Die enigste manier waarop sy die jare van slapelose nagte kon deurstaan, was deur die krag wat God haar gegee het.
Of ons dit nou besef of nie, ons het almal God nodig — presies soos daardie ma. En net soos sy, moet ons met ’n gees van dringendheid en afhanklikheid bid.
Jesaja 4:10 “Moenie bang wees nie, want Ek is by jou; moenie vrees nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou; ook help Ek en ondersteun Ek jou met my seëvierende regterhand.”
My natuurlike instink is om ’n lewe sonder pyn, probleme of teëspoed te begeer. Ek leer egter om enigiets te verwelkom wat my laat besef hoe ontsaglik groot my nood aan God werklik is. Weerspieël jou gebedslewe dat jy erken hoe desperaat jy Hom nodig het?
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: