Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Hoeveel Oumas is nie bekommerd oor hulle kleinkinders nie, veral omdat hulle so ver van God af lewe. Is jy ‘n Ouma wat voortdurend vir haar kleinkinders bid, en jouself soms aan die slaap huil oor hulle. Liewe Ouma, kan ek jou vra om nie op te hou bid vir hulle nie?

Nancy het vir ons vertel “Ek glo my lewe is in ‘n sekere sin die produk van ‘n biddende oumagrootjie. Ek het nooit vir Yaya, my pa se Griekse immigrant-ouma, ontmoet nie, maar sy was ‘n biddende vrou. My pa se neef het vir ons vertel hoe hy onthou hoe baie Ouma- Yaya op haar knieë was en gebid het terwyl die ander saans gaan slaap het.

Sy het gebid vir die redding van haar kinders en kleinkinders. Sommige oggende het hy wakker geword en dan was Yaya steeds op haar knieë, nadat sy die hele nag deur gebid het. Ek glo dat my pa se dramatiese bekering in 1950 ‘n antwoord op sy ouma se gebede was.

Jy weet dalk nie wanneer of hoe God jou gebede gaan beantwoord nie, maar moenie ophou bid nie. Die komende geslagte sal daardeur geseënd wees.

Seëngroete van ROHSA


 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …