Hierdie is Seeking Him, deur Nancy Demoss Wolgemuth.
Dit maak nie saak op watter manier God ons aandag kon kry nie. Wat wel belangrik is, is my en jou reaksie daarop.
Suzi vertel: “Ek was op die pad van egskeiding. 'n Goeie vriendin moes my omtrent aan die arm gryp en tot stilstand dwing. Sy het my vierkantig in die oë gekyk en my gehelp om te besef waarheen ek oppad was. Dit was die keerpunt. Dit was moeilik, maar ek kon veranderinge aangebring en my huwelik red.”
Die oomblik wanneer ons van sonde oortuig word, is die heel beste tyd om met berou op God se inspraak te reageer. Wanneer ons talm en Sy Gees weerstaan, word dit al hoe moeiliker om onsself te verootmoedig en te bekeer.
Jesus het in Matteus 5 vir ons ‘n voorbeeld gegee van so ‘n vinnige reaksie. Vanaf vers 23: "En wanneer jy jou offergawe na die altaar bring en daar onthou dat jou broer iets teen jou het, laat jou offergawe net daar by die altaar en gaan versoen jou eers met jou broer, en gaan gee dan jou offergawe."
Mag ons vandag gereed wees om te reageer wanneer God aan ons ‘n oortuiging van sonde bring, maak nie saak deur wie en hoe nie.
Seëngroete van ROHSA
Sleutel woorde: