Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Naaman was ‘n suksesvolle offisier in sy weermag, hy was gerespekteer en het ook aansien en rykdom geniet. Maar… hy het ook melaatsheid gehad. Naaman het besef hy het God se hulp nodig, maar hy wou die terme van sy genesing voorskryf. Hy wou in beheer bly.

Ons lees sy verhaal in 2 Konings 5. Naaman was verontwaardig toe God se profeet nie dinge op sy manier wou doen nie. Hy sê in vers 11 “Ek het darem gedink hy sou uitkom en gaan staan, die Naam van die Here sy God aanroep, dan sy hand heen en weer oor die plek beweeg en so die melaatsheid wegneem.”

Later, nadat ‘n paar opregte vriende met hom gepraat het, het Naaman nederig geword, God gehoorsaam en sewe maal in die Jordaan rivier gebad. Toe eers is hy deur God genees.

Wat is jou Jordaan rivier? Dalk moet jy as ‘n kerkleier jou sonde voor die gemeente belei. Dalk moet jy teenoor ‘n vriendin erken wat jou behoefte is waaroor skaam voel en vra dat sy saam met jou daarvoor bid? Vandag wil ek ‘n ernstige beroep op jou maak, gee beheer oor, raak nederig en gehoorsaam God sodat jy ook weer kan rein wees.

Seëngroete van ROHSA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …