Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Die manier hoe ons krisisse hanteer, vertel baie keer wat ons ware karakter is. Soms laat God toe dat ons ‘n krisis beleef, juis dat ons die sonde in ons eie hart kan raak sien.
‘n Vriend vertel my dat hy ‘n beleggings geleentheid raak gesien het. Ander het hom afgeraai, maar hy was oortuig dat dit ‘n goeie plan was. Noudat hy al die geld verloor het, besef hy hoe arrogant hy was en dat hy inderdaad finansiële raad nodig het.
God het ook ‘n krisis toegelaat in die lewe van koning Rehabeam van Israel. “Júlle het My verlaat, nou laat Ek julle op my beurt in die hand van Sisak.” 2 Kronieke 12:6
Die koning en die leiers van Israel het hulleself verootmoedig en gesê: “Die Here is reg om dit aan ons te doen!” Toe die Here sien dat hulle hulle verootmoedig, het die woord van die Here tot die profeet Semaja gekom: ‘Hulle verootmoedig hulle. Ek sal hulle nie vernietig nie, maar sal binnekort vir hulle uitkoms bied’.”
Beleef jy ‘n krisis in jou lewe? Roep jy na God in nederigheid en in verootmoediging? Om jouself te verootmoedig is nie ‘n outydse term nie. Ek moet steeds my knie voor God, op my gesig voor God lê, en myself ondergeskik stel aan God se wil.
Dis om te erken dat ek oorwin, maar ook oortuig is. Daarom moet ek myself oopstel vir die Woord van God sodat die Heilige Gees my kan oortuig van dit wat verkeerd is in my lewe..
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: