Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ervaar jy ook soms wanneer jy stil gaan word om te bid, daar skielik ‘n horde gedagtes opkom wat jou aandag wil aftrek? Daar is ‘n engelse digter, John Donne, wat ‘n vreeslike mooi gedig daaroor geskryf het: “A memory of yesterday’s pleasures, A fear of tomorrow’s dangers, A straw under my knee, A noise in my ear, A light in mine eye, An anything, A nothing, A fancy, an inlusion in my brain, troubles me in my prayer.”

in Afrikaans iets soos - ‘n Herinnering aan gister se plesiertjies, ‘n vrees vir more se gevare, iets onder my knielende knieë, ‘n geraas in die agtergrond, ‘n lig wat te skerp is vir my oë, enige iets of self niks, my verbeelding of een of ander illusie… pla my wanneer ek wil bid!

Kan jy daarmee identifiseer? Ek weet dit neem my ‘n rukkie om stil en rustig te word wanneer ek met God wil praat. Daarom sing ek soms eers ‘n paar versies van ‘n liedjie, of ek lees ‘n psalm voordat ek vir God vra om my hart rustig te maak. 

Wanneer ek baie sukkel sê ek hardop 2 Korintiërs 10:5 “Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.” 

Ek vertrou dit sal jou ook help.

Seëngroete van ROHSA

Sleutel woorde:

 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …