Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ek onthou hoe ek een keer met 'n dierbare vriendin gepraat het oor 'n baie pynlike kwessie in haar huwelik. Die probleem wou net nie uitsorteer nie, daar was geen einde in sig nie.

In die loop van die gesprek was ek self so bemoedig toe sy hierdie kosbare opmerking maak: “As dit ons hele lewe lank so aangaan, is dit oukei. Ek weet die tyd is min, en die ewigheid is lank. Eendag sal dit alles net ’n spikkeltjie op die skerm wees.” Haar ingesteldheid was soos die in 2 Korintiërs 4:17 “Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.”

Maak nie saak hoe lank jou lyding mag voortduur nie, God se Woord verseker ons dat dit nie vir ewig sal aanhou nie. Onthou ook die woorde van Romeine 8:18: “Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat  aanbreek nie.” 

Kom ons lewe vandag voluit vir die ewigheid.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …