Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ek het die volgende gebed begin bid nadat ek ‘n boek oor God se heiligheid gelees het:
O Here, wys my meer van U heiligheid.
Wys my meer van my eie sondigheid.
Help my om sonde te haat en om soos U, geregtigheid lief te hê.
En maak my heilig soos U heilig is.
God het die gebed beantwoord deur vir my die sonde in my eie hart bloot te stel. Byvoorbeeld wanneer ek nie my tong beheer nie, my negatiewe ingesteldheid en om liewer vir my eie stem te wees as vir ander se insae.
Hoe meer ons God se heiligheid sien, hoe meer sal ons na ons spieëlbeeld kyk; en daarom meer berou hê oor ons eie sonde.
1 Korintiërs 15:34 sê “Kom tot besinning en moenie langer sonde doen nie.”
God het die vermoë om ‘n nuwe liefde vir geregtigheid in ons harte te ontwikkel. Ek wil jou uitnooi om ‘n gebed soos hierdie vir die volgende 30 dae te bid. Vra God om jou ‘n dieper oortuiging te gee van wat sonde is en om vir jou meer van Sy heiligheid te wys.
Seëngroete van ROHSA
Sleutel woorde: