Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

As kind in my ouerhuis, was almal altyd besig om iets te doen. Om stil te sit en boek lees was bestempel as luiheid. Noudat ek groot is, sukkel ek wanneer ek my Bybel lees, want ek voel skuldig, dit voel of ek iets aktief behoort te doen.

Om hard te werk om die Here en ander te dien is 'n goeie ding, maar ons kan ons werk meer effektief en sinvol doen, sodra ons tyd saam met Christus deurgebring het. In Lukas 10:38-42 sien ons dat Maria 'n bewuste keuse gemaak het. Haar sussie, Martha, was besig in die kombuis, maar Maria het besluit om haar verhouding met Jesus te koester deur stilwees. Jesus se pespektief was “Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.”

Ons kan dieselfde as Maria kies deur tyd in gebed en die Woord deur te bring— selfs wanneer daar ander goeie dinge is wat ons aandag verg. Dit is 'n keuse om God eerste te stel, bo alle ander take wat dalk selfs dringend is.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

 

 

Browse Past Episodes By