Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

‘n Vriendin van ons vertel my sy is gevra om te help met spesiale versierings, vir ‘n funksie by die kerk. Maar sy voel sy het nie eens haar eie huis in orde nie, hoe kan sy nog met die kerk se dinge ook help?

Daar is deesdae so baie top verkoper boeke, toeps op die fone en seminare beskikbaar om jou te help om tyd reg te bestuur. Die beste leiding kom egter steeds van God self. Ek het geleer om my kalender en daaglikse skedule aan God voor te lê, sodat ek kan verstaan en leer wat Sy wil vir my lewe en ook vir my prioriteite is.

Wanneer daar wel onderbrekings kom, vra ek God vir wysheid om te weet of dit van Hom af kom; of moet ek die onderbreking vermy omdat dit ‘n onnodige afleiding is. Vir sulke situasie probeer ek om Spreuke 16:3 te onthou: “Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag.”
Daar sal waarskynlik nooit genoeg ure in ‘n dag wees, om alles wat op jou te-doen-lysie is, klaar te maak nie. Daar sal verseker nie genoeg tyd wees om alles te doen wat ander mense wil hê jy moet doen nie. Maar daar sal altyd genoeg tyd wees om alles wat op God se te-doen-lysie vir jou dag is, klaar te kry.

Wanneer laas het jy God betrek vir Sy leiding oor jou skedule?

Seën groete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By