Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

“Wel, ek het vandag weer vir God gevra om my te vergewe. Maar ek voel regtig skaam om oor en oor na Hom toe te kom met dieselfde ding, ek voel soos 'n mislukking.”

In Romeine 7 praat Paulus oor ’n soortgelyke ervaring. Vers 21 ”Ek vind dus ’n wet, wat met my gewete saamstem, wat kies om die goeie te doen omdat die bose naby my is, want ek verheug my in die wet van God vanuit die innerlike mens, maar ek sien ’n ander wet in my lede wat oorlog maak teen die wet van my gewete en my gevange hou aan die wet van die sonde wat in my lede is. Ek is ’n ellendige mens! Wie sal my red uit hierdie liggaam van die dood?”

Elke ware gelowige wil God behaag, maar elkeen van ons het 'n vlees wat veg teen die Gees wat in ons woon. Elke keer as ons kies om te sondig, vestig ons gewoonte patrone wat moeilik kan wees om te breek.

Die goeie nuus van die evangelie is dat ons deur Christus die mag het om nee te sê vir sonde en ja te sê vir God.
“Aan God die dank dat julle wel slawe van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die vorm van leer waaraan julle onderwerp is; vrygemaak van die sonde, het julle slawe van die geregtigheid geword.” (Romeine 6:17-18)

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …