Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy Demoss Wolgemuth.

Soms is die lewe regtig nie maklik nie. Dalk het jou kind lewenslank mediese hulp nodig - jy weet nie hoe jy hier deur gaan kom nie, nie fisies of emosioneel nie.

Wanneer jy in die maalkolk van swaarkry is, hoe hou mens aan om God te vertrou? Ons weet wat die antwoord gaan wees: “Met God se genade.” God red ons aanvanklik van sonde se skuld deur Sy genade, maar vir die res van ons lewens is dit ook Sy genade wat ons deur die swaar tye dra.

Die apostel Paulus het verstaan wat dit beteken om swaarkry te verduur. In 2 Korintiërs 12 vanaf vers 7 lees ons “sodat ek nie hoogmoedig mag word nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n engel van Satan, om my met die vuis te slaan. Hieroor het ek die Here drie maal gesmeek dat dit van my moet wyk. Maar Hy het vir my gesê: “My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.”

Dalk is jy self nou in ‘n situasie waar jy besef jy is totaal en al oorweldig en heeltemal buite jou diepte. Dan is dit juis nou die tyd wat God wil ingryp en deur Sy genade jou help. Sy genade is nie net bedoel vir ons sondes nie, dis ook tot ons beskikking wanneer ons swaakry.

Seëngroete van ROHSA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …