Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Almal van ons gaan soms sleg behandel word. Dis 'n onvermydelike werklikheid van die lewe. Die vraag is: Hoe gaan ons reageer wanneer ons onreg aangedoen word? Vergifnis kom nie vanself nie, dit gebeur nie natuurlik vir enige mens nie. Maar dan moet ons onthou hoe erg ons teenoor God gesondig het en vir hoeveel Hy ons vergewe het.
Wat gaan jy doen as jou man na jou toe kom en vra dat jy hom vergewe omdat hy in homoseksuele verhoudings betrokke was – selfs nadat julle getroud is. Hoe gaan jy hom vergewe?
Ons het die “Onse Vader gebed” al baie keer gebid, maar om dit uit te leef is 'n perd van ander kleur. Ons sê: "En vergewe ons alles wat ons verkeerd gedoen het teen U, soos ons ook ander mense vergewe wat verkeerd gedoen het teen ons." Matteus 6:12
Om te leer vergewe is wat gebeur wanneer ons God werklik begin dien en eer in ons keuses en beginsels.
Seëngroete van ROH SA
Sleutelwoorde: Vergifnis en Bitterheid