Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ware vergifnis is nie goedkoop nie. Stel jou voor iemand leen ‘n R1000 by jou. Sy belowe om elke maand ‘n R100 terug te betaal, maar op die ou einde sien jy nie ‘n sent daarvan nie. Sy hét eenvoudig net nie geld om jou terug te betaal nie.

Gestel nou God roer iets in jou hart en daag jou uit om daardie skuld af te skryf en haar te vergewe. Jy besef ook,God het jou al so geseën, dat jy daardie ander persoon wil vergewe. As jy daardie skuld wel afskryf lei jy ‘n finansiële verlies van ‘n R1000, daarom sê ek, vergifnis kan duur wees!
Dieselfde is waar wanneer iemand ons seermaak. Vergifnis is dan ook nie goedkoop nie. Maar God verwag van ons om ander mense te vergewe, net soos Hy ons vergewe het. Jesus was bereid om vir al ons sondes te betaal, dit het Hom sy lewe gekos!

Effesiers 4:32 “Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.”
Is daar iemand wat jou iets skuld? Wil jy nie mooi hieroor na dink nie? “Here, vir alles wat U al vir my gedoen het, is ek bereid om die prys te betaal - ja, is ek bereid om te vergewe”.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Geestelike Groei

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …