Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

My liewe vriende, LeRoy en Kimberley, was op reis toe LeRoy skielik ineengestort het. Hy is nou gedeeltelik verlam van die middellyf af ondertoe. Oor die jare het onbeantwoorde vrae en aftakelende pyn 'n lewenswyse vir LeRoy geword. Elke dag is 'n uitdaging vir hierdie paartjie, maar wanneer ek hulle sien, is hulle altyd vol vertroue in God se goedheid.

Psalm 27:13-14 “As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie… Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here!”

Hoe God ons lewens storie skryf, lyk dalk baie anders as hoe ons dink ons dit sou skryf, maar ons weet God se doel is goed. Hy is alwys en Hy is altyd vol liefde.

Dis moontlik dat jy of iemand wie jy liefhet gesondheidsuitdagings in die gesig kan staar. Moenie wag totdat daardie dag aanbreek, voordat jy begin oefen om jou vertroue volkome in God te stel nie.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …