Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ons lees van die volk Israel wat deur die woestyn gedwaal het. Hulle het jare lank gereis en nooit naby by enige klere- of skoenwinkels uitgekom nie. Hulle kon ook nie kruideniersware aankoop nie. God het werklik alles voorsien wat hulle nodig gehad het.
Toe hulle dors was, het God vir Moses gesê om op ‘n rots te slaan en water het daaruit gevloei. Toe hulle honger was, het God kos uit die hemel gestuur. God het ook ‘n wolk voor hulle laat uit gaan om hulle te bedek. Gaan lees self in Nehemia 9, daar staan “U goeie Gees het U gegee om aan hulle insig te gee; u manna het U nie van hulle monde weerhou nie; en water het U vir hulle gegee om hulle dors te les. Veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het geen gebrek gely nie; hulle klere het nie verslyt nie, en hulle voete het nie geswel nie.”
Al daardie vooraf sketse wys na Jesus Christus toe. Jesus het in Johannes 6 gesê: “Ek is die brood van God wat uit die hemel neergedaal het . . . in Johannes 4:13 “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry, maar wie van die water drink wat Ek hom gee, sal tot in ewigheid nooit dors kry nie. Die water wat Ek hom gee, sal in hom ‘n fontein van water word wat opborrel tot die ewige lewe.”
Voel jy dat jy te kort skiet, jou lewe doelloos is en jy net rond dwaal? Aanvaar die voorsiening van Christus Jesus. Hy is regtig alles wat jy nodig het.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: