Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ek het gevind dat een van die grootste bedreigings vir 'n konsekwente tyd vir gebed en die Skrif bloot moegheid is.
Lyk jou dag so: Jy werk agt- en tien uur dae per week. Jy wil bitter graag alles ten volle vir God doen, daarom is dit deel van jou doelwitte om elke dag jou Bybel te lees. Teen die tyd dat jy by die huis kom en alles daar uitsorteer het, is jou energie vlakke bitter laag. Jy besluit jy gaan net bietjie ontspan sodat jy weer jou gedagtes kan regkry en gefokus jou Stiltetyd hou… maar jy is so moeg dat jy net daar aan die slaap raak.
Hoe moeër ek is, hoe meer vatbaar is ek om te swig voor versoekings. Ek het God se teenwoordigheid dan soveel te meer nodig. Hier is 'n paar praktiese maniere om wakker te bly. Eerstens, staan op uit die bed. Sing vir God. Hou jou stiltetyd buite as jy kan. Oorweeg dit ook om te bid terwyl jy staan of loop, jy hoef nie stil te sit nie... Maar die belangrikste strategie is natuurlik om God om hulp te vra.
Wanneer ons ons swakheid en nood uitspel, stort God Sy genade uit en gee ons energie. Met jou volgende stiltetyd, vra God om jou te help om te waak en te bid, en selfs ook om jou te help om dan mooi te fokus.
Psalm 143:8 “Laat my in die môre van u troue liefde hoor, want op U vertrou ek. Wys my die pad wat ek moet loop, want na U is my verlange.”
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: Gebed, Stiltetyd