Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Onthou jy die ou feë verhale. Omtrent elke storie het geëindig met die prinses wat deur ‘n wonderlike soen wakker gemaak word.

In die 2020 Bybelvertaling van Psalm 2:12 staan daar “Soen die seun” en in die 1953 vertaling “Kus die Seun”.

Mens dink maklik om iemand te soen, beteken meestal iets romanties. Maar dink bietjie hoe meeste van ons nog groot gemaak is - ons moes selfs ons ooms en tannies met ‘n soen groet, en dit was nie romanties nie. Daarom moet ons In hierdie geval verseker die konteks verstaan, waar binne die woord gebruik word.

In die 1983 vertaling lees ons vanaf vers 10: “Wees dan nou verstandig, konings,
wees gewaarsku, regeerders van die aarde! Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig en Hom onderdanig wees.”

Dink jou in wanneer iemand voor ‘n baie magtige koning kom buig om hom te groet. Nou kan jy sien “die soen” word hier geassosieer met ‘n nederige gebaar van versoening. Dis ‘n manier van groet wat ontsag en onderwerping bewys.

Ons weet hierdie Skrifgedeelte verwys na God se Seun, die Messias. Ons Messias is vir ons soveel meer as ‘n aardse koning. Om die Seun van God te soen, is 'n teken van beide onderdanigheid en vriendskap; dit beteken ook om jou heelhartige getrouheid, aanbidding en liefde aan Hom te gee.

Hoe gereeld soen jy die Seun van God, jou Messias en Koning?

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …