Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Hoe spreek Paulus die mense in die gemeentes aan, vir wie hy die briewe geskryf het?

1 Korintiërs 1:2 “aan die gemeente van God in Korinthe, wat in Christus Jesus geheilig is deur God – geroepe heiliges, saam met almal wat op elke plek die Naam van ons Here Jesus Christus aanroep.” Efesiërs 1: “aan die heiliges wat in Efese is, die gelowiges in Christus Jesus.” Romeine 1:7 “aan al die geliefdes van God wat in Rome is, geroepe heiliges.”

Paulus het nie die woord gereserveer vir mense wat onberispelik en sondeloos lewe nie. Paulus het in die meeste van sy briewe, al die gelowiges aangespreek as heiliges. Insluitend die kerk in Korinte waar daar aansienlike morele en teologiese probleme was! Hulle was skuldig aan onenigheid en dat hulle bitter, immoreel en selfsugtig was… maar Paulus het hulle “heiliges” genoem – omdat dit was hoe God hulle gesien het. 

Hulle was geheilig in Christus Jesus. Hulle sondige harte was skoon gewas deur die bloed van Jesus. Hy het in werklikheid gesê: "Omdat julle heilig is, leef soos heiliges."

As jy 'n kind van God is, besef jy dat jy ook 'n heilige is? Die vraag aan my en jou is dus, leef ons soos heiliges — streef ons aktief na reinheid en om te groei na die beeld van Christus?

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Geestelike groei

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …