Hoe hanteer jy jou probleme? Hanteer jy dit soos ‘n stormram of hou jy daarby piekniek en wag dat iemand anders dit namens jou hanteer?

Josua moes in stilte om die muur stap. Spr. 16:32 onderstreep die waarde van geduld en selfbeheersing. Ons moet soms terugstaan en die Here toelaat om die werk te doen.

Ons word bemoedig met die lied, Do it again van Elevation Worship se woorde: “You have never failed me. Your promise still stands.” Die wete dat ek in die Here se hand is, is waarop ons vertrou. Die Here is in beheer.