Retha erken dat sy dikwels sukkel om haarself in woorde uit te druk wanneer sy vir die Here vra vir dieper geestelike groei. Daarom lees sy ‘n gebed voor uit die boek, Vallei van Gebed, wat vir haar ‘n mooi voorbeeld is van hoe mens kan bid vir geestelike groei. In die gebed word emosie uitgedruk, maar daar is ook ‘n stuk selfondersoek en ‘n besef dat ons tot niks in staat is sonder God nie. Retha moedig ons aan om wanneer ons vra vir dieper geestelike groei, ons dit ‘n bietjie verder sal vat en met die Here daaroor sal praat en dit selfs neer sal skryf sodat ons dit ons eie kan maak.