Teenoor God se grootheid, is ons soos ‘n klein miertjie op die Drakensberge.
Al kan ons God nooit ten volle ken nie, is Hy nogtans alles in ons lewe.
Hy is ons voorsiener, rots, ons veilige vesting, ons alles. By Hom is ek veilig. Ps. 62:6 sê dit so mooi: “Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek.”