Al is ons nie almal in dieselfde bootjie nie, ervaar ons almal storms.

Hoe veilig jy in jou storm voel, hang af van hoe sterk jou ankertou na die groot anker, Jesus Christus toe is. Hoe lyk jou ankertou, jou verhouding met die Here, jou gebedslewe?

Ervaar jy nie dat Hy in beheer van jou lewe is nie en ervaar jy steeds vrees en onsekerheid? Of ervaar jy die vrede en vreugde wat God vir jou bedoel het?

As jou ankertou te dun is, skryf neer wat jy hierdie jaar kan doen om jou ankertou dikker te maak?