Soms oorweldig dit waarvoor en vir wie ons moet bid ons. Vir die dissipels was dit ook moeilik, daarom het hulle gevra: “Meester, leer ons bid.”
Toe gee Jesus vir hulle Die Onse Vader as voorbeeld van hoe om te bid.
Retha gebruik die basis van die Onse Vader en bid vir siek mense. Die voorbeeld is kragtig en ons word aangemoedig om Die Onse Vader ook so vir ons gebede te gebruik.