Ons hoor hierdie woorde dikwels en soms sê ons dit self, veral nou tydens die pandemie. “Ek sal myself nooit vergewe as ek iemand aansteek en daardie persoon sterf nie.”
Retha wonder oor die langtermyn effek op jou lewe as jy jouself nie vergewe nie. Christene het nie regtig ‘n keuse of hulle hulself wil vergewe nie.
Vergifnis is ‘n opdrag van God. Glo jy wat in Spr. 16:9 staan? “ ‘n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.”
Neem jy dit in ag? Moenie dat onvergifnis jou soos kettings bind nie.