Retha het vir lank gewonder of sy regtig met die Heilige Gees vervul is.
Toe sy eendag Andrew Murray se vergelyking van ons lewens met ‘n plaasdam raakgelees het, het sy baie meer vrede daaroor gekry. ‘
n Plaasdam kan op meer as een manier volgemaak word. Dit kan wees soos ‘n fontein wat opborrel of dit kan deur ‘n reënbui volgemaak word. Ons moenie minderwaardig voel as ons nie ‘n reënbui ervaring het nie.
Maar ons moet daarvoor oop wees sodat die Heilige Gees op verskillende maniere deur ons kan werk.