Ons het verlede week gesien hoe jy met die Heilige Gees vervul word, sonder dat jy iets hoef te doen.

Hierdie week lees ons in Ef. 5:18: “… laat die gees julle vervul.” Moet jy dan hier self iets doen? Ja, eerstens, sorg dat alles, soos sonde en onvergewensgesingheid, wat die invloei van water keer, uit die pad uit kom. Hou jou lewensdam skoon.

Tweedens, maak seker dat jy tyd met God en Sy Woord spandeer sodat jy heeltyd gevul kan word. Is jy oop daarvoor dat die Heilige Gees deur jou kan werk? Is jy ook oop vir hoe Hy in jou lewe wil werk?